Wiskunde Sleutels

via Udemy

Go to Course: https://www.udemy.com/course/wiskundesleutels/

Overview

Die Wiskunde ekstra klas met ‘n verskil! Moeg gesoek na ‘n kreatiewe, effektiewe, tydslim wiskunde hupstoot? Sluit nou aan by Wiskunde sleutels. Hierdie program behels wiskunde klas sessies wat as videogrepe opgelaai word. Die sessies is dus enige tyd en plek beskikbaar. Elke sessie sluit ook ‘n oefenkaart en memorandum in om seker te maak dat die konsep wel vasgelê is.Wiskunde sleutels is ‘n vooraf opgeneemde wiskunde program met hulpmiddels vir leerders van Gr 1-3. Dit bied keatiewe wiskunde metodes wat dalk net die sleutel vir jou kind kan wees tot ‘n Wiskunde toekoms waar hulle Wiskunde verstaan, geniet en kan toepas. Konsepte wat gedek word sluit getalbegrip, woordsomme, geldsomme, breuke, halveer, verdubbel, maal, deel en vele meer in.Ek is ‘n passievolle energieke Wiskunde juffrou en al my sessies is gebasseer op die vereistes in die KABV. Help jou kind op die regte en effektiewe manier om sodoende wiskunde struikelblokke in die hoër grade te vermy. Al die klasse is reeds opgeneem en kan dit dus aanpas by jou skedule. Vergeet van jaag tussen rugby, ballet en gimnastiek en dan moet daar iewers wiskunde klasse ingepas word… Indien u kind steeds by n konsep vashak kan u dan ‘n aanlyn een-tot-een sessie met my bespreek waar ons individueel indiepte die konsep behandel.

Skills

Reviews